Quantcast
Channel: Haak-en-stekie
Viewing all articles
Browse latest Browse all 189

i(shall)Read 2017

$
0
0
Ek lees wel baie (mos) (nie net eenmaal in 5 jaar nie ) (iRead 2011)

Ek skryf net nie (altyd) (alles) op nie.




Maar ek hou wel van die uitdagings wat ons die laaste paar op Lekkerlees Boekrak gehad het - Nuwe Skrywers/Nuwe Genres in 2015, 6 Lande/6Skrywers in 2016 - daar het ek by Maleisië, Malawi, Ierland en Australië uitgekom.

Die nuwe uitdaging vir 2017 - 7 Style/7 Dekades.  Of 'n kombinasie van die twee.

Dis maklik, ek het 'n groot boekrak wat vol is.  Daar's een hele rak in die kamer wat nét ongeleesde boeke het, so ek moet eers daar gaan 'koop'.

So gesê, so gedaan, maar die stapel raak effe hoog en dit begin groeperings kry en die uiteinde is my eie uitdaging: My 5's.

So lyk dit:

Verskillende hopies van 5.  Net om afwisseling te behou! En al wat 'n nuwe en maklike boek is tussenin.

5 (Outo)biografieë
1. Ek's g'n Slams - Fatima
2. Native Nostalgia - Jacob Dlamini
3. Let my people go - Albert Luthuli
4. Good morning, Mr Mandela - Zelda la Grange
5. Verwoerd, Mandela & me - Marianne Thamm

En wat ek ook moet kry...My land van hoop - die lewe van Beyers Naudé

5 Afrika-stemme
1. Radiance of tomorrow - Ishmael Beah
2. Coconut - Kopano Matlwa
3. Tjhaka/Chaka - Thomas Mofolo (ooooou Afrikaanse en nuwe Engelse weergawes)
4. Americana - Chimamanda Ngozi Adichie
5. Black Diamond - Zakes Mda

5 Klassieke boeke
1. This is my God - Herman Wouk
2. All is quiet on the western front - Erich Maria Remarque
3. Polfyntjies vir die proe - C Louis Leipoldt
4. Iliad - Homerus
5. That was then, this is now - S E Hinton
6. The man from Snowy River - Elyne Mitchell

Eeh...dis meer as 5.

5 Engelse Suid-Afrikaanse stories
1. London Cape Town Joburg - Zukiswa Wanner
2. The adonna of Excelsior - Zakes Mda
3. Spilt Milk - Kopano Matlwa
4. Recipes of Love and Murder - Sally Andrew

Mmm...hier kort een

5 Sosio/polities/geskiedenisboeke
1. Of warriors, lovers and prophets - Max du Preez
2. Die VOC aan die Kaap - De Wet, Hattingh & Visagie
3. Imperiale Somer - Karel Schoeman
4. Soos Familie - Ena Jansen
5. Die geskiedenis van Boerekos - HW Claassens

5 Temas
1. 'n Boek wat afspeel in my dorp: Die Sideboard - Simon Bruinders
2. Kortverhale: Fools & other stories - Njabulo S Ndebele
3. 'n Struggle-boek: I write what I like - Steve Biko
4. 'n Reisverhaal: Suid van die wind - Elsa Joubert
5. Poësie: Katalekte - Breyten Breytenbach
6. 'n Boek oor Antarktika - Die sneeu bly altyd wit - Morkel van Tonder
(7. Kaaps: Hammie - Ronelda Kamfer)
(8 Resepteboek: Eet saam met Leipoldt - Peter Veldsman)
(9 'n Onlangs oorlede skrywer : Watership Down - Richard Adams)
(10 - 'n Voorheen verbanne boek: Kennis van die aand - André P Brink)

Uhm.

En 5 van die Seun se Boekrak
Vier Assasin's Creeds
En die eerste Lafras Kuyper

Gelukkig wag daar ook afwisseling in die vorm van Chanette Paul en Isa Konrad!




En daar is genoeg ander afleiding:




Hef aan lê voor.  Party van hierdie boeke lê al vyf jaar in daai rak!





Viewing all articles
Browse latest Browse all 189

Trending Articles